Fees van St. Filip Neri & Maagdewyding van Barbara Wirix.

IMG-20190526-WA0038 (1)

Op Sondag, 26 Mei 2019 het ons die Fees van Sint Filip Neri op plegtige wyse gevier. Dit was ’n dubbele spesiale dag. Ons het in die namiddag om 5nm die Heilige Mis in ons kapel gevier. Ons provoos, Vr. Leon Mostert was die hoofselebrant en het die homilie gelewer. Hy is bygestaan deur Vrs. David Dettmer, Dennis Ongansie en Wim Sabo. Vr. John Atkinson was ons spesiale gas en het saam gekonselebreer. Hy is tans in die afwesigheid van ’n biskop, die Administrateur van die Bisdom Oudtshoorn. Ons was baie bevoorreg dat ons by hierdie geleentheid op hom kon steun om die Maagdewyding aan Barbara Wirix toe te dien. Sy is ook geklee as ons eerste Dame van die Vlammende Hart (Flammae Cordis).  Meer as 80 vriende het dit bygewoon en tydens die onthaal, wat na afloop van die Heilige Mis in Huis Filip gehou is, het Vr. Wim se sang- en musiekgroep van jeugdiges nog meer luister aan dié spog geleentheid verskaf.