Jaarlikse Altaardienaardag

IMG-20190809-WA0000
IMG-20190809-WA0002

Op Donderdag, 4 Julie 2019, het die Sentrale Dekenaat se jaarlikse altaardienaardag hier by die Oratorium plaasgevind. Meer as dertig altaardienaars van St Niklaas, Koningin van Vrede en St Konrad parogies het dit bygewoon. Soos gewoonlik het Vr. Leon die werkswinkel aangebied en Br. Mark (wat tuis was vir die wintervakansie) en Jonathan Strydom het die jongmense met speletjies en allerhande aktiwiteite vermaak. Daar is baie lekker geƫet en oudergewoonte het die opwindende vasvrae kompetisie plaasgevind. Vanjaar se algehele wenner was die altaardienaargroep van St Konrad.


 

IMG-20190809-WA0001